[caption id="attachment_125573" align="alignnone" width="600"]Cadi de Jager is nou die mini-ambassadeur vir die Rooi Kruis-kinderhospitaal se mees onlangse veldtog. Foto/Video: Corrie Hansen Cadi de Jager is nou die mini-ambassadeur in die Rooi Kruis-kinderhospitaal se mees onlangse veldtog. Foto/Video: Corrie Hansen[/caption]

En nou meen dié dapper dogtertjie sy wil eendag self ’n neurochirurg word om ander siek kindertjies gerus te stel met die wete dat hul dokter ook al ’n breinoperasie ondergaan het.

Lees ook: Voormalige weeskind sonder hande betower met sy klavierspel

Ná haar breinoperasie in 2015 het dié gr. 3-leerder aan die Primêre Skool Courtrai in die Paarl so diep in die harte van die personeel by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Rondebosch, Kaapstad, gekruip dat die hospitaal haar nou ’n mini-ambassadeur in ’n nuwe veldtog gemaak het.

Met die “There are Some Words Kids Shouldn’t Know”-veldtog word beoog om geld in te samel om groter en beter intensiewesorg-eenhede in die Rooi Kruis-kinderhospitaal te bou.

Cadi, wat gelukkig al mooi herstel het, sê sy kan nie wag om haar ambassadeurskap in alle erns aan te pak nie.

* Netwerk en administrasie fooie geld

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel

Kry ’n roetine jou kind te help onthou wat hulle elke dag moet doen

Hierdie ma se reaksie op haar dogter se wonderlike nuus is pure plesier!

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?