Ag, is dit nie te oulik vir woorde nie?

Die Koppel-gesin gaan nog ’n kleintjie ryker word – en klein Jayden kan nie wag nie!

Die sanger Danny K en sy prokureur-vrou, Lisa, se oulike tweejarige krulkopseuntjie het die paartjie se groot nuus Donderdagaand in ’n Instagram-video aangekondig. Jayden, wat binnekort ’n ouboet word, het tussendeur ’n gegiggel vir aanhangers gesê sy pa het ’n vark – wag, nee, ’n baba! – in haar maag! Die paartjie het die gelukkige nuus aanlyn gedeel en gesê daar’s beslis ’n baba, en nie ’n plaasdier nie, op pad.

Not a pig #BabyK2 on the way!! #blessed #overthemoon

A video posted by Lisa Koppel (@lkopgun8) on

Lisa het die nuus gedeel met die hutstekens #blessed en #overthemoon en die trotse pa Danny het verklaar “Dis amptelik!” Danny en Lisa is in April 2012 getroud en Jayden is in Julie 2014 gebore.

Our lil prince, Jayden. The love of our lives! #blessed #3weeks

A photo posted by Danny K (@dannykj23) on

Dis nog onseker wanneer die baba gebore word, maar as jy so kyk na die oulike gesinnetjie gaan hy of sy beslis mooi inpas.

Geluk aan mnr. en mev. Koppel!

– Shanaaz Prince