Dale Steyn het ’n skreeusnaakse selfie van hom in die sosiale netwerk Instagram gedeel waarop iemand in die agtergrond ’n massering kry – en jy kan dié knaap se hele agterstewe sien!

“Volmaan in Moembai vanaand,” het die Proteas-bouler by die skreeusnaakse foto geskryf wat hy Donderdag met sy 475 000 aanhangers op Instagram gedeel het. As daar nou een Protea-krieketspeler wat jy op dié sosiale netwerk moet volg is dit Dale. Dié sexy hartebreker is skreeusnaaks verby en hy deel gereeld selfies. Nie dat ons kla nie! Of hy nou op die strand stap met sy branderplank, of net uithang met die manne. Ons kan nie genoeg kry van Dale nie! Hier is van ons gunsteling-kiekies wat hy in die afgelope ruk gedeel het. Kim Kardashian wie? Dié selfie is by verre een van sy snaakste foto’s wat hy al gedeel het.

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

En kyk net hoe skryf hulle sy naam daar oor die waters!

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

Hy kry sy “grimering” reg vir die Proteas se onlangse opwarmingswedstryd teen Indië.

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

En dié nuwe gesigte in die span?

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

Noem my net die Joker Protea! Dale speel rond met ’n nuwe app op sy foon. Hy het op Instagram vertel hy sou wat wou gee om met dié gedokterde gesig op die veld in aksie te wees!

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

Braai aand by die Millers! Kyk net hoe lekker span hy en sy spanmaats uit.

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

Oe-la-la! Dale is ook dol oor branderplankry.

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

Hy maak die Proteas-woordvoerder Lerato Moleketo bang terwyl hulle haaiduik.

A video posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

Ag nee man Dale! Hy bak ’n poets op die Proteas se woordvoerder, Lerato Malekutu, terwyl hulle in ’n hok met haaie duik.

A video posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

“Ek jam met pa. Wat ’n rockster! Iemand gee hom ’n platekontrak, die kerk kan hom nie meer bekostig nie,” het Dale op Instagram geskerts.

A photo posted by DALE STEYN (@dalesteyn) on

– Lara Atson

Ander stories op huisgenoot.com:

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek