Een ding is seker dit sou nie ’n hond wees nie. Veral nie een wat ’n figuur-8 sowat 3 000 voet bo moederaarde kan vlieg nie.

Die televisieaanbieder Jamie Theakston is besig om ’n reeks vir die Sky 1-televisiekanaal te vervaardig waarin 12 weggooihonde hul staal in die lug gaan wys.

Een van hulle is Shadow, ’n Staffordshire terriër-kolliekruising wat in ’n hondeskut aangehou was. Hy was bestem om 22 dae later van kant gemaak te word. Toe gee ’n reddingsorganisasie hom ’n tweede kans op die lewe.

Selfs die vlieënier Tony Buick bestempel dit as bisar. Hy sê dit vat die koek, “of eerder die hondebeskuitjie”.

Maar hoekom word hierdie honde die lug ingeneem? Die dierekenner Charlotte Wilde sê hulle wil bewys honde beskik oor buitengewone vermoëns. Vlieg was die grootste toets.

Kyk: Terloops, as die honde nie vlieg nie, sing hulle!

“Elke jaar word 5 000 honde, net soos Shadow, van kant gemaak. Deur hierdie reeks wil ons bewys hoe merkwaardig en intelligent honde eintlik is.”

Bronne: mashable.com, radiotimes.com, youtube.com

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei