Die Chinese se voortdurende innovasie kan dalk in die nabye toekoms ’n oplossing bied vir gefrustreerde motoriste wat in verkeersknope vassit.

bus

Volgens die Britse koerant The Guardian het ’n maatskappy in Beijing vroeër vandeesmaand ’n futuristiese busnetwerk bekendgestel wat sorgeloos oor die verkeer kan sweef.

Die Transit Explore Bus word met twee bene ondersteun wat met spore aan weerskante van die pad bo-oor sal hardloop.

Lees ook: Kyk anders na die wêreld met dié slimhorlosie

Die ontwerpers meen dié bus sal besoedeling tot ’n minimum kan beperk.

Die bus se raamwerk gee genoeg ruimte vir motors van tot en met 2 m hoog om met gemak onderdeur die bus te kan ry. Die gemiddelde sedan-motor is sowat 1.5 meter hoog. Die bus sal 60 km/h kan bereik.

“Die grootste voordeel is dat die bus baie padruimte sal kan spaar,” sê Song Youzhou, hoof van die ontwerpspan.

Lees ook: Motors bestuur hulleself dalk binne twee jaar

Hy meen sy busse sal sowat 1 400 pendelaars kan vervoer en 20 persent van die prys van ondergrondse treine kos om te vervaardig.

’n Prototipe van die bus sal glo in die strate van Qinhuangdao, ’n kusdorp sowat 300 km van Beijing, getoets word.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar