Dit was nie moeilik vir Charlize Theron om Sofia Boutella te verlei en haar te soen nie, want sy dink die Algerynse aktrise is “fantasties”.

charlizevrylekker

Filmuittreksels van die twee hoofspelers se rowwe lesbiese sekstonele in die lokprent vir Atomic Blonde het verlede Vrydag wenkbroue laat lig en die temperatuur laat styg toe dit aanlyn uitgereik is.

In die lokprent dons Theron, as Lorraine Broughton, handevol manne in verstommende opeenvolgende optredes op en dan verlei sy ’n naamlose spioen (Sofia) in ’n baie sensuele toneel waarin die vroue in slegs hul onderklere rondrol.

Die 41-jarige aktrise erken die spelery met Sofia (34) het gesorg vir ’n fantastiese werkdag.

“Dit is baie maklik om haar te verlei, sy’s asemrowend!” het Theron aan Entertainment Tonight in Kanada vertel. “Sy was eenvoudig fantasties. Sy was die enigste aktrise wat ons oorweeg het.

“Sy het hierheen gekom en saam met my en (die regisseur) Dave (Leitch) gekuier. Daar was net iets omtrent haar wat so werklik onskuldig, dog ongelooflik sterk was, dat sy ideaal geskik was vir die rolprent.

“Ek kan my nie voorstel dat enigiemand anders dit kan doen nie. Sy is ’n danseres en ek is ’n danseres. Ons is dus ’n klein bietjie soos – jy weet hoe dansers is . . . Naaktheid is niks. Ons wou net hê dit moes werklik en koel wees.”

Kyk hier na die video:

Charlize kan nie wag dat haar bewonderaars haar in die rol van nog ’n sterk vrou sien optree nie. Dit is die soort rol waartoe sy aangetrokke is.

“Ek dink hulle almal is ook baie kwesbaar,” het sy gesê. “Ek dink groot krag kan uit vroue straal wat ook kwesbaar kan wees, na hul swakhede kan kyk en hul krag daaruit put. Ek dink jy moet in staat wees om ongelooflik kwesbaar en swak te wees om die krag te kry om iets te bowe te kom. Ek dink dit is waarvan ek so baie hou omtrent sulke vroue.”

Atomic Blonde word op 28 Julie vir die eerste keer in Amerika vertoon.

© Cover Media