Wel, dit is ook wat met die Marshalls-egpaar van Wigton in Skotland gebeur het. Hulle staan reg vir die soveelste troufoto met die lowergroen Skotse landskap agter hulle.

En toe gebeur dit!

Een van hul onnutsige gaste besluit dis tyd om 'n bietjie lewe in die fotosessie te blaas. Maar anders as die bruid, Alana, al te fraai in haar skouerlose rok en manlief Kevin ewe trots in sy kilt uitgevat, daag dié gas op in sy Adamsgewaad.

Alana het gelukkig nie in trane uitgebars oor die onverwagte verskyning van die kale jonker nie. Inteendeel, sy het glo onbedaarlik aan die lag gegaan.

Robert Wallace, die gas wat sy bates so blatant aan die wêreld blootgestel het, is berug vir sy skreeusnaakse poetse.

Robert se fotobederfie het verskeie reaksies van verbasing en skok in die sosiale media ontlok en almal was dit eens – dit was skreeusnaaks én waaghalsig!

Vriende van die egpaar en Robert het almal soortgelyke kommentaar op Facebook geplaas.

Van die kommentaar lui : “Dit sal net jy wees, Bob!”, “Ons is mal daaroor!”, “Jy het nog niks verander nie”.

Die bruid het ook haar stuiwer in die armbeurs gegooi en tergend gesê die foto kan dalk in 'n skildery omskep word. 

Bronne: Mirror.co.uk, Facebook