[caption id="attachment_166118" align="alignnone" width="600"]Skerpgreep: Youtube/ The Quint: Parched Snake Drinks Water Right out of the Bottle Skerpgreep: Youtube/ The Quint: Parched Snake Drinks Water Right out of the Bottle[/caption]

Die dorpie Kaiga in Indië ervaar tans ’n kwaai droogte. Dit het ’n dodelike kobra van 3,7 m genoop om mense op te soek om sy dors te les.

In die video kan ’n mens sien hoe een van die inwoners vir die slang ’n bietjie water vanuit ’n waterbottel gee. Die slang drink sluk-sluk die water wat vir hom aangebied word.

Verder kan ’n mens sien hoe die man water op die slang se kop spat om hom ’n bietjie af te koel.

Die man doen dit neffens ’n slangvanger, ingeval die reptiel handuit ruk. Sy stert word deur iemand anders in die video vasgehou terwyl hy water drink.

Volgens Mail Online het die droogte in die dorpie die wilde diere in die streek erg beïnvloed, dus was die eerste ding wat die reddingswerkers gedoen het, om die slang ’n bietjie water aan te bied.

Die slang word nou in ’n plek van veilige bewaring vir diere aangehou.

Kyk die video hier:

Bronne: Dailymail.co.uk, 9news.com.au.