’n Waaghalsige Amerikaanse paartjie wat aan een van die land se gewildste werklikheidsreekse deelneem, se oomblik in die kollig het lelik skeefgeloop toe Amber-Lynn Walker haar verloofde, Ryan Stock, Dinsdagaand met ’n brandende pyl in die keel skiet.

Die paartjie het ’n paar toertjies vir die beoordelaars, onder wie Simon Cowell en die model Heidi Klum, gewys voor Amber-Lynn ’n brandende pyl afgevuur het.

Ryan het ’n swaard met ’n spesiale teiken op die eindpunt “gesluk” en Amber-Lynn moes vir die teiken mik, maar het te laag geskiet en die pyl is in sy nek in.

Op ’n video van die toertjie kan gesien word hoe Ryan benoud na sy keel gryp en die beoordelaars verskrik na die paartjie staar. Simon het daarop aangedring dat Ryan dadelik hospitaal toe gaan.

Gelukkig is Ryan sedert die ongeluk buite gevaar. Hy het op Facebook geskryf die mislukte toertjie was nie Amber se skuld nie, maar het weens ’n tegniese fout met die kruisboog gebeur.

Kyk die video hier:

Bronne: YouTube, Facebook, Twitter, BuzzFeed