Niemand het dit verwag nie.

Hollywood steier nog onder die nuus dat Amerika se lieflinge, Brad Pitt en Angelina Jolie, hul verhouding van 12 jaar gaan beëindig.

Maande gelede het die twee so verlief soos altyd gelyk tydens ’n onderhoud op die program Today toe hulle hul laaste silwerdoek-spanpoging, By the Sea, bespreek het.

Tydens die onderhoud met Tom Brokaw van NBC het die ouers van ses die intiemste blik tot dusver op hul huwelik gegee. Hulle het Angie se kankerstryd bespreek, hul verhouding se dinamika en, natuurlik, hul nuwe rolprent, waarvan Angie self die regie behartig het.

Die geneties geseënde egpaar het regdeur die greep van agt minute hande vasgehou, geglimlag en liefdevol na mekaar gekyk. Dis moeilik om te glo hul hoëprofiel-liefdesverhouding sou maande later tot ’n einde kom.

Maar hulle is immers akteurs . . .

Kyk na die greep hier onder en deel jou mening op ons Facebook-blad.