“Jou arms is die beste huis wat ek ooit sal kan kry. Een van die dae is ons drie,” het Carna op Instagram geskryf. 

?Jou arms is die beste huis wat ek ooit sal kan kry? #liefvirjou #eenvandiedaeisons3

A post shared by Carna (@carna_rossouw) on

Die egpaar, wat op 22 Augustus 2015 getroud is, het reeds in Januarie gehoor hul eersteling is op pad en hulle bars van opgewondenheid.

“ ’n Groot geskenkie. #DankieLieweJesus, #OpgewondeOorDieLyfie,” skryf sy by ’n sonarfoto op Instagram.

n Groot geskenkie? #dankielieweJesus #opgewondeoordielyfie

A post shared by Carna (@carna_rossouw) on

“Ons babadogterjie word in September verwag,” vertel Gerrie aan Huisgenoot.com. 

Die fotograaf Cindy Louwrens het die pragfoto’s op haar Facebookblad geplaas.