Die Afrikaanse prins van pop is besig om die breër Suid-Afrikaanse gehoor keer op keer te bekoor.

Lees ook: Bobby van Jaarsveld wys sy klein prinses, Armani – kyk dié skattige foto!

Agter die skerms van The Voice SA is hy en sy kollegas, Lira, Kahn Morbee en Karen Zoid, besig is om groot pret te hê!

Bobby se Instagram-profiel is besaai met ’n Face Swap-foto’s – ’n digitale speletjie waar jy gesigte met iemand “ruil”. Lees ook: Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo Die produk van hierdie speletjie is gewoonlik genoeg om jou te laat kraai van die lag. Ons wys jou hoe transformeer Bobby as hy en sy mede-beoordelaars, Lira, Kahn en Karen gesigte ruil: Oukei, so lyk Bobby regtig!

Maar hier is Lira Bobby, en Bobby Lira . . .
O, goeiste! Ons is nie seker Bobby moet ’n snor dra nie?! Hy en Kahn lyk te kostelik as hulle bakkies ruil:-)
En ons persoonlike gunsteling-Bobby-voorkoms is waar sy gesig Karen se blonde haredos bykry!

Ja-nee, onse Bobby is ’n groot bok vir sports. Volg hom gerus op Instagram!

– Annami Mailovich

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Komediant herskep sterre se foto’s met skreeusnaakse gevolge

Vyf wenke: So behandel ’n mens gestremdes met respek en begrip

Met dié 10 kitsoplossings sal jy jou huis lag-lag skoon hou

Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf