[caption id="attachment_144455" align="alignnone" width="600"]Foto: Marilize Coetzee Fotografie Foto: Marilize Coetzee Fotografie[/caption]

En dié twee se prettige verjaardagkoeke het omtrent die geleentheid opgekikker!

"Hulle verjaar naby genoeg aan mekaar dat ons sommer saam vir hulle ’n partytjie kon hou," vertel die 29-jarige pa van drie. Bobby en Annatjie se jongste, Armani, is in Maart gebore. "Dis ook goedkoper," voeg hy laggend by.

Sion (5) verjaar 24 Oktober, en sy boetie word op 20 Desember vier. Albei is mal oor superhelde en trek ook graag so aan. Bobby vertel die twee boeties kon kies soos watter held hul verjaarsdagkoek versier moes wees.

Op Sion se koek pryk die groen sterkman The Hulk, kompleet met sy vuis in die lug. Tog wil dit voorkom of Sion nie heeltemal kon kies watter held hy nou eintlik op sy verjaarsdagkoek wil hê nie, want byna versteek aan die kant steek Batman se bekende kenteken ook uit.

Klein Leben het weer Spider-Man en Superman as sy twee helde gekies om sy verjaarsdagkoek woema te gee.