Die sanger Bobby van Jaarsveld en sy sangeres-suster, Karlien van Jaarveld, het Maandag se vakansiedag gebruik om ’n verskil in behoeftige kinders se lewe te maak. Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks! Hulle het hard geverf en gebou aan Pikanini Educare-dagsorgsentrum in Benoni aan die Oos-Rand. Die vrolike sentrum se deure het Dinsdag geopen en bied versorging en opvoeding aan kinders wat dit nie so breed het nie.

Dit val onder die vaandel van die aktrise Hanna Grobler se liefdadigheidsorganisasie Hanna Charity and Empowerment Foundation

Bobby en Karlien se jonger suster, Cara Brink, en hul ma, Ronel Brink, het almal hard saamgewerk aan die projek.  Lees ook: Hoekom was Karlien van Jaarsveld op ’n drup? Cara het verlede jaar matriek geskryf en is vanjaar vir ’n brugjaar voltyds ’n vrywilliger by Hanna se liefdadigheidsorganisasie. Ronel is ook gedurig aktief betrokke en help graag met geldinsamelings. Sy skerts sy is die projek se bestuurder wat seker maak elkeen doen sy of haar deel. Selfs Karlien se tweelingseuns, Daniël en Eliah, het gister ingespring en gehelp verf.

Ronel verduidelik die projek kom nadat Bobby en Karlien onlangs by Jacaranda FM se gholfdag gesing  het. Die radiostasie se liefdadigheidsprogram Good Morning Angels het vir hulle R50 000 gegee om aan ’n liefdadigheidsorganisasie van hul keuse te skenk. Die broer en suster wou graag terugploeg waar die behoefte groot is. Hulle het met Hanna gesels en besef daar is ’n behoefte vir ’n dagsorgsentrum in ’n woonwapark in Benoni. Die geld is aangewend vir die oprigtingskoste hiervan. Ronel het op Twitter geskryf watter voorreg die harde werk vir hulle almal was. “Dit was ’n baie besige maar baie vervullende dag.” Sy het bygevoeg dat dit baie spesiaal was om die projek saam met haar kinders aan te pak. 

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Gespanne en hartseer’ honde weier om sterwende baba se hospitaalbed te verlaat

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

Dit gons vandag landwyd in die howe met drie hoëprofielsake

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!