In ’n video wat deur Roodepoort Record gedeel is, kan elke oomblik van die 28 sekondes se ongebreidelde woede gesien word.

Dit wil voorkom asof die bestuurder van ’n donkerkleurige Pajero in ’n wit BMW vasgery het. Na die Pajero-bestuurder die BMW-bestuurder 'n paar vloekwoorde en beledigings toesnou, ruk hy ’n groot mes uit en begin wild in die rigting van die BMW-bestuurder kap.

Die volgende teiken van sy woede-aanval is die voertuig se ruite - dit terwyl hy aanhou vloek en skel!

Die Pajero-bestuurder het ook die laaste steek ingekry deur agteruit in die BMW vas te ry voor hy weggejaag het.

[caption id="attachment_140239" align="aligncenter" width="600"]Foto: Roodepoort Record Foto: Roodepoort Record[/caption]

Kyk die video hier. Waarskuwing: Kru taal word gebruik.

Die polisie is op soek na die bestuurder van die Pajero. Kontak asseblief jou naaste polisiestasie as jy hom herken.

Bron: roodpeoortrecord.co.za