Jacques, wat saam met sy vrou, die aktrise Angelique Gerber, hul eersteling verwag, het ’n video gedeel waarin hy met ’n spuitnaald sy blomkooloor dreineer.

“Dié van julle wat nie pyn kan hanteer nie, moet dit nie eens probeer nie,” sê hy in die video. “Blomkooloor” gebeur wanneer ’n mens se oor ’n hou kry en dan ’n bloedklont vorm. Dit is veral algemeen onder rugbyspelers en boksers. Jacques druk die naald in waar die bloedklont gevorm het en begin stelselmatig die bloed dreineer. Hy het sowat 2 ml se bloed uit sy oor getrek.

Haha don't try this at home??? #doctorpotgieter #rugbyscars

A video posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

Eina!