Dié 22-jarige heelagter het Vrydagaand kort na 'n wedstryd tussen die Westelike Provinsie en die Boland Cavaliers sy meisie, Layla Cupido, die ja-woord gevra voor 'n groot skare in die Newlands-stadion in Kaapstad. En Layla het onmiddellik ja gesê! Ná sy span se oorwinning van 30-28 het die skare nog meer rede gehad om te juig toe Cheslin op een knieg afsak en vir Layla vra om te trou. Die speler verduidelik hy het juis die Newlands-stadion gekies omdat dit die plek is waar hy Layla drie jaar gelede ontmoet het. "Ons het 'n Curriebeker-wedstryd teen die Golden Lions gespeel. Na die wedstryd het ek die mooiste meisie in 'n rooi top in Boundaryweg buite die stadion sien loop," het Cheslin aan WP Rugby vertel.

Happiness is: Cheslin Kolbe ?

A photo posted by layls (@laylacupido) on

"Sy en haar vriende het vir my en Kurt Coleman voorgekeer, want hulle wou foto's saam met ons neem. Ek was van daai oomblik af verlief."

Kyk hier hoe Cheslin vir Layla die ja-woord vra: