Beyoncé en haar man, die rapper Jay Z, het omtrent uitgehang toe hulle in Januarie klein Blue Ivy se vierde verjaardag vier. Bey het gister foto’s daarvan op haar webtuiste gedeel.

Capture 1

Blue, geklee in ’n pienk balletrokkie en swart tekkies met ’n roosstrikkie in haar krulkop, het menige dogtertjie se fantasie met die feetjiepartytjie uitgeleef.

Capture 7

Die 34-jarige sangeres het foto’s gedeel van ’n luukse markiestent in ’n tuin met pienk en pers blomme wat uit die lug hang. Binne die tent was pofferige sofas, tipi-tente en ’n aantrekgedeelte waar Blue se gaste hulself in feetjies kon omskep.

blue 2

En nes jy van Bey se dogter sou verwag, het Blue later van uitrusting verander en haar balletrokkie vir ’n skoenlapperpatroon-rok, kroon en vlerkies verruil.

Capture 2

Gaste kon boogskietspeletjies speel, kostuums aantrek en teepartytjies hou. En Blue se eie feëprinses was daar om die dag saam met haar te vier. Te oulik!

Capture 6

Beyoncé wys graag haar moederlike kant op sosiale media. Die sangeres het al talle kiekies van haar en haar prinsessie gedeel, onder meer waar hulle met vakansie is en selfs waar Blue haar grimering gebruik.

Lees ook: Agt keer wat Beyoncé die wêreld laat regop sit het

Die vierjarige kleinding maak ’n verskyning in die musiekvideo vir haar ma se liedjie Formation, en wys ook gesig in haar reklameveldtog vir haar reeks sport-en-ontspanningsdrag, Ivy Park, wat haar ma na haar genoem het.

Een ding is seker: Met ouers soos Bey en Jay is Blue beslis ’n hedendaagse prinsessie.

– Litaletu Zidepa

Bronne: Mailonline, Beyonce.com, Instagram

Ook op Huisgenoot.com:

Kyk net wat kyk Steve se hondekinders die graagste op TV

Jong Anakin Skywalker met geestesgesondheidsprobleme gediagnoseer

Emosionele tuiskoms vir SA kleuter ná drie jaar agter tralies saam met ma

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives