Sy het duidelik haar eie parkeervermoëns en die grootte van haar motor geheel en al onderskat. Ten spyte van meer as voldoende ruimte kon sy dit op geen manier regkry om enige van die motors mis te ry nie.

Die arme Chevrolet Aveo het dit behoorlik onder haar swaar voet ontgeld terwyl sy dit soos ’n stormram teen talle motors laat bots het.

Lees ook: Man skrik hom byna dood toe ‘vermoorde’ vrou by eie begrafnis opdaag

Trouens, dit lyk veel eerder asof sy die geparkeerde motors as ’n laat waarskuwingsein gebruik het om uit te vind wanneer sy eintlik moet stilhou.

Net wanneer ’n mens dink die motor is veilig tot stilstand gebring, kom die volgende skok: Die blonde bestuurder maak nie net van die kans gebruik om ’n obsene vingergebaar te maak nie, maar sien ook kans om verder op haar selfoon te gesels.

Kyk: Kyk: Skud jou kop, skink ’n dop

’n Skoolseun van Krasnodar het die hele petalje op video vasgelê.

Luidens gerugte was sy ses keer bo die toelaatbare alkoholvlak. Die polisie het aangedui dat sy die Dag van die Verdediger van die Vaderland-vieringe bygewoon het.

Dis nie duidelik of haar parkeereskapades dalk deel van haar persoonlike verdedigerstrategie was nie.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kreatiewe stilis omskep haar kapsel in kunswerke

Hommeltuie word met arendsoë dopgehou

Poppie, jy vlieg saam! Kyk dié vreemde neiging

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!