Hul woudtroue weerspieël alles wat mooi is: die stralende gesigte van ’n dolgelukkige bruidspaar, pragtige natuurskoon en liefde in oorvloed.

Die bekroonde aktrise Erica Wessels en Willem Boshoff het op 10 Desember by die Winery Road Forest buite Stellenbosch afgehaak.

“Dit was ’n ongelooflike, prettige en spesiale dag saam met geliefdes,” vertel die akrtise van My Father’s War-faam.

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

Sy het beeldskoon gelyk in ’n rok van antieke kant met stukkies fynbos in haar hare.

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

Willem, ’n aktuaris van Kaapstad, het Erica verlede jaar op 11 September in die Weskus Nasionale Park verras deur haar “op ’n koppie, omring deur interessante rotsformasies, ’n veld vol lenteblomme en die Atlantiese Oseaan in die verte” die jawoord te vra.

Dit was kort nadat Erica op die Silwerskermfees in Kaapstad aangewys is as beste aktrise vir haar spel in die kortfilm Vlees van My Vlees.

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

Erica beskryf die getroude lewe as “interessant en wonderlik”.

En oor haar man borrel sy: “Willem is my rots.”

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

Foto's: Lavonne Bosman