Dis ook die geval aan die Laerskool Stellenbosch waar ambisieue ses- en sewejariges hul skoolloopbaan Woensdag met groot opgewondenheid kon begin.

Dit is opvallend hoeveel jong meisies onderwyseres wil word; so wie is die vroue wat hulle inspireer? Die Laerskool Stellenbosch se vier gr. 1-juffrouens het aan Huisgenoot vertel wat hulle aanspoor om met kinders te werk en hoekom dit so vervullend is om vir gr. 1’s skool te gee.

Amper elke gr. 1-groep het deesdae minstens een tweeling en by dié laerskool is daar twee. Dis duidelik dat die ouers heelwat moeiliker afskeid geneem het as die kleingoed; nie eens huiswerk skrik hulle af nie!