Wanneer hulle op die kassie en silwerdoek pryk of glanstydskrifte se blaaie versier, lyk bekendes eksie perfeksie. Hare in plek, grimering foutloos en met volmaakte lywe – dit is genoeg om die res van ons groen van jaloesie te laat! Juis daarom is dit so lekker om te sien bekendes is tog net “gewone” mense nes die res van ons en sukkel ook met rekmerke, ’n soettand, grimeringlose dae en sweterige lywe ná ’n oefensessie. Lees ook: Moet hare waai? SA bekendes sê of hulle dink lyfhare aan mans moet bly of gly

Hier is ons keuse vir bekendes se toeganklikste foto’s:

Die model en ma van twee kleuters spog met een van die sexyste lywe in die bedryf, maar is ook nie skaam vir haar selluliet nie. Lee-Ann Liebenberg het dié foto van haar op Leeukop in Kaapstad gedeel en selfs in die onderskrif geskryf, “ja, selluliet!”

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on
Sy is gekroon as die mooiste vrou in wêreld en het die kroon om dit te bewys, maar selfs die skone Rolene Strauss stap rooiwang uit die gimnasium nes die res van ons.

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Die prinses van werklikheidstelevisie word dikwels ydel genoem danksy haar horde selfies, maar hier wys Kylie Jenner ’n groot litteteken is niks om oor skaam te wees nie.

A photo posted by ilse fourie (@illsefourie) on

Die voormalige Masterchef-deelnemer en model sukkel ook om nee-dankie te sê vir soetgoed. Ilse Fourie erken prontuit op Instagram “kos is my lewe, ja dit is!”

A photo posted by Elma Smit (@elmakapelma) on

As TV-aanbieder kan jy Elma Smit altyd deur ’n ring trek, maar sy wys graag wat sy moet deurmaak om TV-gereed te wees.
Die sanger John Legend se modelvrou, Chrissy Teigen, is glad nie skaam vir haar rekmerke nie en spog skaamteloos daarmee op Instagram.

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sy is een van die land se gewildste sangers en moet gereeld optof om gehore te vermaak. Daarom neem Karlien van Jaarsveld graag ’n blaaskans van grimering – en deel dit met die wêreld.

– Mieke Vlok