In ’n nuwe snaakse video deel Sue haar geheim oor hoe om die ‘perfekte ma’ te wees.

[caption id="attachment_150986" align="alignnone" width="600"]Foto: Instagram Foto: Instagram[/caption]

In plaas van tuisgemaakte pasta, koop Sue sommer klaargemaakte pasta by die supermark, sit dit in ’n bak en is reguit oond toe daarmee. Haar en haar krieketspelerman, JP Duminy, se 16 maande oue Bella sit ook hand by in die kombuis.

Terwyl hulle so by die oond staan en wag, voer dié twee ’n paar danspassies uit voor hulle die gereg uithaal.

Lees ook: Skattige video van Protea-held JP Duminy se kleinding vermurwe harte

Sue tel dan vir Bella op, smeer tamatiesous en meel op hul albei se gesigte om te lyk of hulle heeldag agter die kookpotte gestaan het!

[caption id="attachment_150987" align="alignnone" width="600"]Foto: Instagram Foto: Instagram[/caption]
“Dis die lawwe seisoen,” skryf Sue by die video. “Met al die gaste wat daagliks oor kom gaan ek my geheim deel oor hoe om die perfekte ma te wees,” skryf sy. Net om by te voeg: "Daar is nie so iets nie." In een hutsmerk sê sy: #LifeIsToShortToBePerfect [sic]. Ons stem saam met jou, Sue!

A video posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Kyk na ons spesiale Kersfees-fotosessie met die Duminy-gesin in die Huisgenoot van 22 Desember wat nou te koop is.