Maar die sangeres, Elizma Theron het voet by stuk gehou.

Die eindresultaat het Elizma vanoggend op haar Facebook-blad gedeel. Die mooiste foto’s van haar gesin.

Klein Eli-zé (3) en NJ (1) is die ene glimlagte. Jy kan sommer sien die ma en pa is versot op hul kleingoed. En nog net so versot op mekaar.

“Dit is nie moeilik om dié gesin af te neem nie,” sê Albert Bredenhann, eienaar van Pixelpro-fotografie.

“Elizma en haar gesin is mooi. Op die einde het ons gewen.”

Elizma kon haar nie inhou oor die pragtige gesinsfoto’s wat Albert van haar, haar man, Nico Grobbelaar en hul kroos genee, het nie.

“Op 'n dag waar die lig nie wou saamwerk nie het jy 'n haas uit 'n hoed geruk! Hierdie is vir my so kosbaar en spesiaal,” het Elizma by die foto’s geskryf.