Luidens berigte het die voormalige model sowat ’n week gelede in dié Afrikaland geland.

Sy het nog dieselfde week The Giants Club se olifantspitsberaad in Laikipia bygewoon wat daarop fokus om olifante te beskerm. Volgens die Britse Daily Mail is die doel van dié spitsberaad om onder meer olifantstropery te takel. Lees ook: Selfs SA se leeus is koel, sê Kevin Hart Dit lyk omtrent of Liz dit gate uit geniet het hier in Afrika.

Sy het onder meer foto’s gedeel van haar by ’n baba-renoster en boonop “ ’n nuwe maat” gemaak – ’n kameelperd. Sy het ’n kiekie gedeel waarop sy ’n kameelperd voer.
Sy was bevoorreg genoeg om te sien hoe 105 t ivoor en 1,3 t renosterhoring gebrand is, vertel Liz. Hoewel dit iets verskrikliks was om te aanskou, was dit die regte ding om te doen, sê sy. “Ons moet hard baklei om hierdie pragtige diere te red, maar nie net teen stropery baklei nie, maar teen die handel daarin.”
Lees ook: Die weelderige lewe van prinses Diana se broerskinders Sy het ook onder meer in Luxor in Egipte uitgespan.
Dis moeilik om te glo die aktrise is al 50 jaar oud! Sy het ’n natuurlike voorkoms gehad en neutrale en ligte kleure gekies wat haar uitrustings betref.
En sy het boonop met haar sexy kurwes gespog. Op een sexy selfie wat sy op Instagram gedeel het, staan die ma van een in ’n pienk bra by ’n vuur.

Ons kan nie glo sy’s nog ’n losloper nie!

BRONNE: channel24.co.za, dailymail.co.uk, instagram

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

‘Ek het niks oorgehad nie’: SA-man vertel roerend van sy 35 jaar lange stryd met dwelms

Eina! Ma breek eie dogter se been meer as 300 keer om te keer dat dit afgesit word

Julle sal nie glo hoe vroeg die openbare beskermer al soggens uit die vere is nie!