Seun, ’n miniatuur-dobermann, het sowat twee weke gelede by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Phalaborwa in Limpopo saam sy dieremaats op die gras gespeel toe die gulsige slang hom deur die heining gryp.

[caption id="attachment_120850" align="alignnone" width="600"]Foto: Seun, ’n miniatuur-dobermann / Verskaf Foto: Seun, ’n miniatuur-dobermann / Verskaf[/caption]

“Ons het net gehoor hoe ’n hondjie tjank,” sê Kerry Gerber, ’n senior inspekteur van die DBV.

“Toe ons uithardloop om te kyk wat aangaan, sien ons die drie meter lange luislang wat sy kop deur die heining gedruk het en Seun in sy kake het.”

Kerry en haar span het die hond onmiddellik te hulp gesnel.

Lees ook: Fotograaf praat oor die oomblik toe leeus sy GoPro-kamera steel en selfies begin neem!

Met al die geraas wat Kerry-hulle opgeskop het, het die slang geskrik en vir Seun uit sy kake gelos.

Die DBV het die slangvanger, Zian van den Bergh, gebel om die luislang te kom vang en vir Seun na die plaaslike dierekliniek geneem.

[caption id="attachment_120854" align="alignnone" width="600"]Foto: Zian van den Bergh vang die slang / Verskaf Foto: Zian van den Bergh vang die slang / Verskaf[/caption]

“Hy het bytmerke oor sy lyfie gehad, maar hy was vir ’n week in verbande en speel nou weer lekker saam die ander hondjies,” sê Kerry.

Lees ook: Chi Chi kan weer hardloop ná sy gemartel is ‘om haar vleis sag te maak’

Sy sê hul DBV-tak het voortdurend uitdagings wanneer hul diere met wilde diere te doen kry wat ’n gevaar inhou.

“Omdat ons in die bos bly, moet ons altyd op ons hoede wees.”

– Deur Jacques Myburgh

Ander stories op Huisgenoot.com:

Eksklusief: Angelique Gerber vertel hoe sy vriendinne gevra het om haar bruidsmeisies te wees

‘Daai oomblik as jy sien Ashton Kutcher deel jou neef se video op Facebook’

Petrolprys kan met 70c/liter styg, sê ekonoom

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap