[caption id="attachment_162930" align="aligncenter" width="623"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Brianna Worthy (23) van Ridgeland in Suid-Carolina in die V.S.A. en haar 18 maande oue dogter, MilliAnna, is albei gebore met ’n spierwit streep in hul hare.

[caption id="attachment_162936" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Klein MilliAnna is die vierde geslag met die onderskeidende merk, wat sigbaar is by haar ma sowel as haar ouma en oumagrootjie.

[caption id="attachment_162934" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ons is nie seker hoe ver die geboortemerk terugstrek nie, want my ouma is as kind aangeneem en sy het nooit haar biologiese gesin ontmoet nie,” het Brianna aan The Daily Mail gesê.

"Ek het gehoopMilliAnna sou dit hê. My jonger suster, wat ’n paar jaar na my gebore is, het dit nie gehad nie, daarom het ek nie geweet of MilliAnna dit sou hê nie. Maar toe hulle haar op my bors neerlê ná haar geboorte, het ek dit gesien en ek was so bly daaroor.”

[caption id="attachment_162931" align="aligncenter" width="576"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Dié kolletjie wit hare, wat as poliose bekend staan, en die vel rondom, het geen pigmente nie en daarom lyk dit so wit.

Hul eenderse Cruella de Vil-agtige voorkoms trek nogal gereeld aandag van verbygangeers, vertel Brianna.

[caption id="attachment_162935" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ons word beslis baie kere gestop wanneer ons met ons daaglikse bedrywighede besig is.

"Die meeste van die tyd verwelkom ek die vriendelikheid en ek gee nie om om mense se talle vrae te beantwoord nie. Tog kan dit soms oorweldigend raak wanneer ek haastig is en slegs probeer doen wat ek moet doen en aan die gang wil bly."

[caption id="attachment_162932" align="aligncenter" width="575"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Brianna, wat as kind geboelie is weens haar voorkoms, beplan om haar dogter te leer haar unieke hare is iets om te vier.

"My plan is om my dogter groot te maak met die wete dat sy pragtig en spesiaal is en dat sy haar nie aan die nare aanmerkings wat mense soms maak, moet steur nie.”

[caption id="attachment_162933" align="aligncenter" width="575"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

-- MAGAZINE FEATURES