Die Dis Koue Kos Skat-aktrise Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, se lang wag op hul baba duur voort. Jacques en Angelique tel teen Woensdagoggend nog die minute af. Die paartjie het al Maandag by die hospitaal aangemeld vir die bevalling. “Ek is so bang! So ongelooflik bang!” het sy vroeër aan Huisgenoot erken. Jacques het die spesiale oomblikke voor hul baba se koms Woensdag met sy Instagram-volgelinge gedeel.

AMPER TYD om ons klein champion te ontmoet!!!!!???

A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on
Jacques het Dinsdag ook ’n foto van hulle in die hospitaal gedeel.

Ons wag nog in spanning! Die klein yster is n vasbytertjie! ??

A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

Uithou, aanhou, moed hou! Ons dink aan julle en kan nie wag om te sien hoe julle eersteling gaan lyk nie . . .