Een van Suid-Afrika se sexyste ouerpare se vakansieherinnerings lyk té lekker!

Angelique Gerber en klein Jacques’ie is al amper ’n week op plaaslike bodem ná 30 uur se reis, maar haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, is nog in die buiteland en het die nuwe jaar in Korea ingelui.

“Ons mis pappabeer net baie,” vertel sy op Instagram.

 

 

Dankie, Jesus, ná 30 ure se reis is ons veilig in SA; ons mis pappabeer net baie! @jacquespotgieter7 #bestepappa #bababeertjie

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

“Op pad Korea toe vir Nuwejaar saam met die manne! Sien daarna uit om 2016 op ’n hoë noot af te sluit! So hartseer dat ek dit nie saam met my vrou en wonderlike klein seun kan deurbring nie,” skryf Jacques op Instagram.

Jacques het ook sy herinnerings aan 2016 gedeel.

Angelique het haar oujaarsdag saam met haar “gunstelingmens in die hele wêreld” (Jacques’ie) deurgebring. Op dié foto gee sy die kleinman ’n klapsoen. En kyk net daai lyf!

Lees ook: Kyk hoe viets lyk Angelique Gerber al klaar ná klein Jacques se geboorte!

In die hutsmerke verklap sy dat sy bly is om terug in Suid-Afrika te wees.

Dié vietse mamma kan net nie genoeg van die somerweer kry nie!

Beautiful petit little Isabella and her new best friend big and strong Jacques'ie ????? @taschastrauss

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Kyk net hoe groot word klein Jacques’ie.

Ons seuntjie word GROOT!! ??

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Ons hoop julle kuier lekker hier in Suid-Afrika!