Die Dis Koue Kos, Skat-aktrise Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, tel die dae af tot hul baba gebore word. Die paartjie, wat onlangs Japan toe verhuis het waar Jacques vir die Munakata Sanix Blues uitdraf, deel graag foto’s in die sosiale media van die swangerskap. Op ’n foto wat sy Vrydagoggend gedeel het, vryf die stralende Angelique oor haar boepie. “Wag nog steeds,” skryf sy daarby. “Wanneer jy ook al gereed is, klein mannetjie! Ons is so lief vir jou!”

En Jacques is nog net so verlief op sy vroutjie soos die eerste dag. By dié foto lewer hy kommentaar. “OMW jys flippen HOT!!!!” skryf hy by die foto met ’n paar verliefde emoji’s. Lees ook: ‘n Oënskynlik stralende Angelique Gerber vertel van haar stryd Haar dokter in Japan is “ongelooflik”, borrel Angelique. “Ek is mal oor Japannese mense; hulle het soveel respek vir mekaar en hulle is ongelooflik harde werkers,” sê sy.

Angelique en Jacques kan skaars wag om ouers te word van ’n seun, wat ook Jacques gaan heet.

Ons is saam met julle opgewonde!