Die sangeres het dié week ’n foto in die sosiale media gedeel waar sy en baba Graham Harold Moolman hul eerste uitstappie geniet. Hulle besoek ’n eetplek.

Op die foto glimlag sy breed terwyl haar en manlief Glynn Moolman se kosbare bondeltjie vreugde in ’n stootwaentjie slaap.

“Eerste uitstappie saam met babaseun. Dis so lekker om ’n mamma te wees,” het sy by die foto geskryf.

Eerste outing met babaseun.Dis so lekker om n Mamma te wees.x

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Al slaap sy waarskynlik nou minder, lyk sy beeldskoon. Graham het op 15 Februarie sy opwagting gemaak.

Graham Harold Moolman.Gebore net na 12h en gesond.Weeg 3.96kg.Dankie Liewe Jesus vir hierdie wonderwerkie.Niks kan die gevoel "beat" nie.xxx

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

In die sosiale media beskryf sy moederskap as “liefde in sy reinste vorm”.

Liefde in sy reinste vorm.xxxx

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on