As jy nie kan besluit watter haarkleur jou gunsteling is nie, dan kies jy sommer twee!

Dít is die slim oplossing waarmee Moniquey, ’n gebruiker op die aanlyn-gemeenskap Reddit, vorendag gekom het.

Moniquey is van Australië en skryf op die webtuiste “waarom nie albei kleure hê nie?” by die video van haar byderwetse haarstyl.

Meer as 2 000 ander gebruikers op die webtuiste het al aangedui dat haar haredos besonder indrukwekkend is.

Sy voeg by dat haar werk haar toelaat om veelkleurige hare te hê en dat sy dit gesond hou met ’n spesiale behandeling.