Die Wincklers se kerk op hul tuisdorp, Somerset-Wes, het die geld bymekaargekry om Thoko te help. Every Nation bedryf ’n fonds wat mense in nood bystaan en Aletté-Johanni het verlede week besluit om ’n e-pos aan die bestuurder te stuur waarin sy Thoko as moontlike begunstigde voorstel.

Lees ook: Kyk net hoe skattig lyk die Winckler-gesin

Die oomblik toe sy gister die goeie nuus hoor dat die kerk Thoko gaan uithelp, het sy besluit sy wil dié spesiale oomblik op video vasvang.

Heinz het Thoko en Aletté-Johanni in hul kombuis afgeneem terwyl hul drie kinders ook daar rondtrippel. In die video kan jy sien Thoko is so oorweldig deur die nuus, sy sak op die vloer neer en begin onbedaarlik huil.

Thoko het drie kinders – almal onder 18 jaar – wat tot onlangs by haar pa en stiefma gewoon het, vertel Aletté-Johanni. Weens omstandighede kon die kinders nie langer by hul oupa bly nie.

Lees ook: Kyk: Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

In die feestyd het Thoko haar bonusgeldjies bymekaargeskraap en kort voor lank met haar oom en suster se hulp ’n huis in Zimbabwe gekoop waar haar drie kinders kan woon. Een van die vroue by hul kerk gaan by die kinders woon en hulle versorg.

Hoewel Thoko ’n deposito gegee het, wou die eienaar van die huis die volle bedrag so gou moontlik hê, sê Aletté-Johanni.

Elke aand dat Aletté-Johanni op pad na die opwaskamer verby Thoko se kamer geloop het, het sy gehoor hoe sy huilend vir ’n deurbraak bid.

“Wanneer ek sien Thoko voel terneergedruk, vra ek wat fout is,” vertel Aletté-Johanni. “Dan bid ons weer saam en ek praat haar weer moed in.”

In die video kan ’n mens sien hoe die Wincklers se drie seuns verskrik nader staan en vra: “Wat is fout? Hoekom huil sy?”

Veral hul jongste twee, Simeon (4) en Reuben (2), was verskriklik ontroer deur Thoko se emosionele reaksie. Reuben het dadelik vir Thoko ’n sneesdoekie gaan haal.

“Maar Heinz het die video te vroeg gestop; Thoko het ná die tyd met haar hande in die lug gespring,” sê Aletté-Johani.

Te danke aan die insameling kon Thoko R20 000 van haar huisverband afbetaal. Sy bly vir eers by die Wincklers aan terwyl haar kinders goed versorg word deur die tannie van die kerk.

Aletté-Johanni sê sy het die video met haar vriende en aanhangers gedeel om ander mense te inspireer om ’n soortgelyke projek by hul kerk te begin.

“Jy kan iemand se lewe verander en dit bring soveel hoop.”

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders