Kyk jy so na die sangeres Zita Pretorius se sosiale media blaaie, sal mens nie dink sy herstel nog ná ’n gebroke hart nie. Want op elke foto straal sy.

A post shared by ZITA pretorius (@zitapretorius) on

A post shared by ZITA pretorius (@zitapretorius) on
 
Zita het aan die weekblad Rapport bevestig sy en die sanger en Leef jou reis-aanbieder Gerrie Pretorius is nie meer in ’n verhouding nie. Hulle het einde verlede jaar uitgemaak nadat hulle meer as 'n jaar lank bymekaar was.
Dié is haar tweede gebreekte hart in minder as twee jaar. Zita en Gerrie het ou bande opgetel na dit bekend geword het sy gaan van die Romanz-sanger Burgerd Botha skei. Zita en Gerrie was vóór haar verhouding met Burgerd ook bymekaar.

A post shared by Gerrie Pretorius (@gerriepret) on

Toe dit bekend word dat Gerrie en Zita in ’n verhouding is, was dit Gerrie wat op Facebook hul verhouding bevestig het.

Ná die tyd het Gerrie aan Huisgenoot gesê “dit is ‘n baie gekompliseerde situasie, omdat Zita en Burgerd regstegnies nog nie geskei is nie. Hoewel hulle al maande uitmekaar is,” het Gerrie gesê.

“Almal, en veral Zita gaan deur ‘n moeilike tyd”.

Aan Rapport het Zita gesê sy was vir ’n ruk uit die openbare oog om haar egskeiding te verwerk.

Gerrie het nog in Oktober 'n foto van hom en Zita saam met Sharleen Surtie-Richards en Lizz Meiring op Facebook geplaas en daarby geskryf "wat 'n lekker kuier met ou vriende".

Net 'n maand voor dit het hy 'n foto van Zita geplaas en geskryf "Sy's pragtig ne".

Sy het verder oor haar jongste hartseer gesê sy en Gerrie is steeds goeie vriende. “Hy is ’n wonderlike mens en ons pas graag ’n koffie in wanneer ons dagboeke dit toelaat,” het Zita gesê. Dié twee het van die begin af hul verhouding baie privaat gehou en omtrent nooit foto’s van hulle saam op Facebook of Instagram geplaas nie. In die uitsonderlike gevalle wat hulle dit wel gedoen het, was aanhangers gaande oor hoe pragtige paartjie hulle is.

A post shared by Gerrie Pretorius (@gerriepret) on

Wat die rede is hoekom hulle nie meer bymekaar is nie, het Zita nie verklap nie. Gerrie het wel in Oktober verlede jaar in ’n onderhoud met Vrouekeur gesê hy was die jaar voor dit baie besig met opnames vir die KYKNet-program, Leef jou reis. Buiten dat hulle verskeie plaaslike plekke soos die Kgalagadi Nasionale Park, die Weskus en die Kruger Nasionale Park besoek het, was hy ook baie oorsee. Al waar jy op Gerrie se Instagram-blad kan agterkom iets in sy lewe is anders, is toe hy in Desember verlede jaar ’n foto publiseer het van hom wat op die strand stap terwyl die son sak. “Walking to the future,” was sy woorde by dié foto.

Zita se ma, Michelle het aan Huisgenoot gesê Zita wil nie in dié stadium enige verdere kommentaar lewer nie.