En hoewel ons almal vinnig in die sosiale media ons misnoeë uitgespreek het teenoor die swak spel teen Italië, het die sanger Pierre Rossouw besluit om ’n liedjie te skryf oor die wedstryd.

"Ek was regtig net bietjie onsteld oor ons deesdae so sukkel om wedstryde te wen," vertel Pierre wat in 2012 die sangkompetisie, Ons Soek die Sanger, gewen het.

"Ek het gedink ek sal so bietjie humor inbring.

"Ek het nie meer as vyf minute aan die liedjie spandeer nie."

Hy sê hy het die liedjie dadelik opgeneem om stoom af te blaas, op Facebook geplaas en toe gaan slaap.

Kyk hier na sy video: