Die Suid-Afrikaanse krieketspeler AB de Villiers het Woensdagoggend op Instagram ’n video gedeel waarin sy vrou, Danielle, saam met die Australiese krieketspeler Shane Watson (34) (ShaneRwatson33) die Sia-liedjie Titanium sing en daarby geskryf: “Klein AB het sy ma gisteraand vir die eerste keer sien optree. Spesiale tye!”

Die video het heelwat kommentaar ontlok. Die voormalige Springbok Bryan Habana, wat deesdae in Frankryk speel, het geskryf: “Dis amazing, @danielledevilliers.”

Iemand anders het geskryf: “O my hart . . . my hart het ’n paar minute lank ophou klop. Dit is net . . . oe, haar stem is so pragtig!”

Lees ook: Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit! Ene Stef Botha wil weet: “Is die De Villierse perfek?” Danielle het erken dit was nie vir haar maklik om sommer-so die verhoog te betree nie, "maar ek is bly ek het ingegee! Ek het elke oomblik geniet!"

It took some convincing to get me up on a stage again but I'm so glad I gave in! I loved every minute of it

A photo posted by Danielle de Villiers (@danielledevilliers) on

Danielle is op die oomblik saam met AB in Indië en Letitia Greyling, AB se agent, sê hulle keer eers oor drie maande terug na Suid-Afrika. Een ding is duidelik: Daar is geen tekort aan talent wanneer dit by die De Villiers-egpaar kom nie.

Bronne: jsonline.com, skynews.com, nydailynews.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

O Vet! Bertha le Roux is klaar met dieetfoefies, aanvaar sy ‘sal nooit rietskraal wees’

Vrou kap weens rare kwaal om as ’n deur klap

Groot omstredenheid heers oor Kate se asemrowende trourok jare ná sprokiestroue

Kyk die foto’s: Peperduur, baldadige Gupta-troue kompleet met Bollywood-akteurs, vuurwerk en ’n valskerm ‘wat die ring inbring’

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!