Maar wie sou kon dink Annelisa Weiland, beter bekend as Hilda van 7de Laan, kan dit so lekker op die dansvloer uitkap.

7de Laan se Facebook-blad het dié video van Annelisa gedeel waar sy Saterdagaand saam met Terence Bridgett, wat die rol van Jerome in vertolk, op ’n partytjie dans wat gehou is om die sepie se 4000ste episode te vier.

In die video is daar geen tekens van Hilda se konserwatiewe uitrustings nie en sy wys haar skraal figuur af in ’n pragtige swart rok met ’n lae rug.

7de Laan is vir die eerste keer op 4 April 2000 uitgesaai. Geluk met die groot mylpaal, 7de Laan!