Jou hart kan nie help om te vermurwe as jy na die eerste amptelike foto van prinses Victoria van Swede en haar man, prins Daniel, se seuntjie, prins Oscar, kyk nie.

[caption id="attachment_119744" align="alignnone" width="600"]Die Sweedse paleis het dié foto van Prins Oscar op hul webtuiste en Facebook-blad vrygestel van hom as 'n vyf dag oue baba. Die Sweedse paleis het dié foto van Prins Oscar op hul webtuiste en Facebook-blad vrygestel van hom as 'n vyf dag oue baba. [/caption]

Die Europese koninklikes het die foto van hul vyf dag-oue seuntjie op die paleis se amptelike webtuiste en Facebook-blad gedeel. Sy volle name is prins Oscar Carl Olof en hy is die paartjie se tweede kind. “Ek het nog nie tyd gehad om te voel hoe dit is om ’n pa van twee te wees nie. Maar tot dusver voel dit baie goed,” het die trotse pa gesê. Hierdie skattige foto het ons laat dink aan ander koninklike babas en kinders wat wêreldwyd harte steel. PRINSES CHARLOTTE

Brittanje se hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, se twee kind, Charlotte, is nou amper een en haar volle naam is Charlotte Elizabeth Diana. Sy en haar ouer broer, prins George, lyk alte oulik saam. Kate neem soms self foto’s van haar oulike dogtertjie, wat glo baie van sagte speelgoeddiertjies hou.

Kyk ook: Foto's van Prins George se eerste dag by kleuterskool

PRINSES GABRIELLA EN PRINS JACQUES

Ons eie prinses Charlene en prins Albert II is so trots op hul oulike tweeling wat nou een jaar oud is. Monaco was in rep en roep met die geboorte en Gabriella is twee minute voor haar broer, Jacques, gebore, maar die seun sal eendag heerser van die prinsdom aan die Franse Riviera wees.

Lees ook: Hoeveel weet jy van Prinses Charlene van Monaco?

PRINS VINCENT EN PRINSES JOSEPHINE

Denemarke se oulikste tweeling, prins Vincent en prinses Josephine, is nou vyf en kroonprins Frederik en kroonprinses Mary kan nie trotser wees nie. Die twee is onlangs die eerste keer skool toe.

PRINSES ATHENA

Die skattige prinses Athena is in 2012 gebore en is haar ouers, prins Joachim en prinses Marie van Denemarke, se oogappel. Sy het onlangs saam met haar ouers in die sneeu baljaar. As sy uitgaan, lyk sy alte fraai in haar pienk skoentjies.

En net om seker te maak jy weet regtig hoe Prinses Athena lyk:

Bronne: aww.com.au, justjared.com, hellomagazine.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Jeanine Victor se Shaun-Michael kry ’n sussie met die mooiste naam!

Derick Hougaard vertel hoekom hy huurders vir sy huis soek

‘Borsmelkskenking kan soveel babas se lewens red,’ sê Sue Duminy