Dit het pas bekend geword dat die dodetal tot 11 gestyg het. Dit sluit sewe polisiemanne en vier burgerlikes in. Minstens 36 mense is in die voorval in die Vezneciler-distrik beseer.

Vroeër vanoggend

’n Motorbom het tydens die besige oggenduur op Dinsdag in die sentrale deel van Istanboel die lewens van twee mense geeïs. Talle is beseer en ’n verbygaande polisiebus is in die aanval vernietig.

Die ontploffing het naby bekende toeriste-aantreklikhede plaasgevind.

Volgens CNN Turk is die motorbom, wat in ’n geparkeerde motor was, met afstandbeheer geaktiveer.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Bronne: reuters.com, euronews.com, ap.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof