Terselfdertyd het die KWV aangekondig dat hulle ’n eksklusiewe verspreidingsooreenkoms met SPI vir die Baltiese lande (Estland, Letland en Litoue) onderteken het waarvolgens hulle KWV-wyn- en -brandewynprodukte aan hierdie markte versprei sal word.

“Ná ons noemenswaardige groei in 2014 wêreldwyd is ons baie opgewonde om hierdie nuwe ooreenkoms met KWV aan te gaan. Ons sien enorme potensiaal vir Stoli en sien uit om ons produkte na nuwe klante . . . te bring,” het Robert Cullins, wêreldwye kommersiële hoof van die Stoli-groep, gesê.

Ál gewilder Luidens die 2013 Sawis-verslag van alkoholgebruikspatrone het die wodkamark die afgelope twee jaar strukturele verandering ondergaan met ’n toename in “superpremium”-produkte wat teen meer as R150 per bottel verkoop. In 2010/’11 het hierdie produkte slegs ’n 1,8 persent-aandeel van die wodkamark gehad, maar dit het gestyg tot 7,5 persent. “Die Suid-Afrikaanse mark is baie ontvanklik vir premiumwodka vergeleke met ander markte en hierdie segment toon enorme groei in Suid-Afrika,” sê Anneke Mackenzie, KWV se wêreldwye portefeuljebestuurder.

'Luidens die 2013 Sawis-verslag van alkoholgebruikspatrone het die wodkamark die afgelope twee jaar strukturele verandering ondergaan met ’n toename in “superpremium”-produkte wat teen meer as R150 per bottel verkoop.'

“Stoli is tans die vyfde grootste premiumwodkahandelsmerk en toon noemenswaardige groei en ’n toename in invloed, en ons is verheug om hierdie betroubare handelsmerk deel te maak van ons verspreidingsportefeulje.

“Die Suid-Afrikaanse drankbedryf het baie mededingend geword, met nuwe tendense, kategorieë en handelsmerke wat die mark betree,” sê Werner Swanepoel, hoof van die KWV se verkope.

“Met globalisering soek die Suid-Afrikaanse verbruiker nuwe en byderwetse produkte, hoofsaaklik internasionale handelsmerke. Wêreldhandelsmerke, soos Stoli en Lucas Bols, ’n internasionale likeur (die KWV het ook ’n verspreidingsooreenkoms met hulle onderteken), wat gevoeg is by die KWV-portefeulje, verhoog ons ons toetrede tot nuwe kategorieë en nuwe kanale. Hierdie produkte dra ook by tot ons poging om ons algehele premiumaanbiedinge te verbeter.”

Bron: fin24