• Ons begin met ’n kuier by ANS BOTHA, ons super-atleet Wayde van Niekerk se afrigter
  • Luister na die kletsrym van die kunstenaar CHURCHIL NAUDÉ
  • Word geïnspireer deur die bekroonde konfyte van ISA BASSON
  • Fliekman KOOS ROETS is op die bank
  • En kyk dan hoe Japannese sakemanne Suid-Afrikaanse kinders leer LEES.

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Woensdagaand, 9 Desember 2015, om 20:00 op KWÊLA!

Kwêla-herhalings is as volg:

Donderdae, 14:30

Vrydae, 10:00

Saterdae, 18:00

Sondae, 13:00

Maandae, 08:30