Woensdagaand, 30 Maart 2016, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

  1. Ons kuier op die PUK en kyk hoe ADRI VISSER ten spyte van beperkinge die lewe, die swembad en studentwees bemeester.
  2. Gaan gaan draai aan die Weskus by  LOUIS JANSEN VAN VUUREN en HARDY OLIVIER
  3. Dis die NASIONALE JUNIOR TOUTREKKAMPIOENSKAPPE op  Laerskool Buffeljagsrivier buite Swellendam
  4. Suid-Afrika se skrywersliefling, MARITA VAN DER VYVER, kuier op die bank
  5. En dan kondig ons die derde finalis vir vanjaar se DORP VAN DIE JAAR-kompetisie aan

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Woensdagaand, 30 Maart 2016, om 20:00 op KWÊLA!

Kwêla-herhalings is as volg:

Donderdae, 15:30

Vrydae, 10:00

Saterdae, 18:00

Sondae, 13:00

Maandae, 08:30