Woensdagaand, 17 Februarie 2016, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

  • Ons ontmoet vir ABRIE BEESLAAR, die heel beste wynmaker in die wêreld
  • Kuier by ‘n familie met ‘n passie vir stoomtreine
  • En vind meer uit oor ‘n kookboek met geskiedenis, so rég uit die Anglo-Boereoorlog!
  • Die geliefde veteraan-aktrise, LIDA BOTHA, kuier op die bank
  • En daarna kyk ons hoe ‘n VUURTORING en liefdadigheid by mekaar uitkom

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Woensdagaand, 17 Februarie 2016, om 20:00 op KWÊLA!

Kwêla-herhalings is as volg:

Donderdae, 15:30

Vrydae, 10:00

Saterdae, 18:00

Sondae, 13:00

Maandae, 08:30