Dit is elke week 'n verrassing om te sien met wie Hannes van Wyk op die aktualiteitsprogram, Kwêla, gesels.

Week na week kuier ons graag saam met hom op die kassie wanneer hy met bekende skrywers, kunstenaars en interessante mense gesels.

Lees ook: Diaan en Jody gesels oor die ‘antwoord op alles’

Ons het Hannes by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn raakgeloop en by hom gaan uitvind wat hy alles doen om seker te maak hy voer die beste moontlike onderhoud.

"Ek doen baie huiswerk. Ek maak seker ek doen so veel as moontlik navorsing oor die persoon of die onderhoud en ek ken die onderwerp amper beter as die persoon met wie ek die onderhoud voer. As daar ’n boek is om te lees, dan lees ek die boek. Ek praat met mense na aan die persoon en probeer so veel as moontlik van die persoon uitvind.

[caption id="attachment_121283" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Met  Kwêla is dit moeilik, want jy het net agt minute om met die persoon te gesels. Ek stel omtrent tagtig tot ’n honderd vrae op en begin dan vrae elimineer wat ek dink minder belangrik is. Op die ou end vrae ek net drie of vier vrae.

"Dit is belangrik om te luister na die persoon met wie jy gesels. Soms vra jy net een of twee van jou eie vrae en hulle stuur die gesprek in 'n heeltemal ander rigting.

Lees ook: Charmaine en Errol van die Laan: ‘Wat jy insit, gaan jy uitkry’

"Dit is belangrik om jouself te wees. Ek is opgelei as akteur en die rol van iemand anders te vertolk, so soms is dit nogal vir my moeilik om letterlik net myself te wees.

"Ek probeer om goed vir mense te vra wat gewone mense wil weet en ek sal dikwels sommer vir  vriende vra wat hulle van graag van die persoon sal wil weet.

[caption id="attachment_121284" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Selfs al doen jy ’n onderhoud met iemand waarvan jy dalk nie hou nie, moet jy altyd probeer om iets in die persoon te kry waarvan jy hou. Ek is dan ook baie gelukkig dat mense maklik teenoor my oopmaak."

Is daar ’n onderhoud wat vir in sy loopbaan van vyf-en-twintig jaar uitstaan?

[caption id="attachment_121285" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Ek sê altyd ek was baie gelukkig om destyds na my studies by Briteside Television na Amerika toe te kon gaan waar ek onderhoude gevoer het met mense soos Arnold Schwarzenegger, Bill Clinton, Kate Moss en Naomi Campbell."

Hannes erken dat hy maar elke keer skoenlappers op sy maag kry wanneer hy met sulke bekendes moet werk, maar se hy word gelukkig nie sommer geintimideer nie.

"Ek is wie ek is. ’n Seun van Aliwal-Noord. Mense moenie vir hulle kom grênd hou nie."

- Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue

Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’