Woensdagaand, 30 Desember 2015, se program op kykNET (DStv kanaal 144).

  • Ons kyk weer na ’n paar van die afgelope jaar se goedvoel-stories wat julle, ons kykers, se aandag getrek het. Maar ons het ’n splinternuwe bank-gesprek!
  • Ons sien weer waarmee die oud-Springbok en nou perdeteler JOGGIE JANSEN homself in Namibië besig hou.
  • ...en hoekom ROLKEM se produkte so suksesvol is
  • Die SANDSTONE ESTATE vertel ’n storie van ou treine wat ’n rusplek soek
  • Die legendariese nuusman, FREEK ROBINSON, bekyk die ou jaar se nuus in die ateljee
  • En ons voete jeuk weer met ons bekroonde RIELDANSERS

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Woensdagaand, 30 Desember 2015, om 20:00 op KWÊLA!

Kwêla-herhalings is as volg:

Donderdae, 14:30

Vrydae, 10:00

Saterdae, 18:00

Sondae, 13:00

Maandae, 08:30