1. Ons ontmoet die voorstedelike UILE van Radiokop in Johannesburg
  2. Praat met kenners oor die effektiwiteit van KINDERKINETIKA
  3. Ons sien hoe 'n OU SKOOL ’n nuwe baadjie gekry het
  4. Dr. ARIEN VAN DER MERWE gee raad oor hoe om werk-stres koud te sit
  5. En dan ontdek ons die interessante wêreld van, ja, HONDEVERSLANKERS

Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Woensdagaand, 13 Januarie 2016, om 20:00 op KWÊLA!

Kwêla-herhalings is as volg:

Donderdae, 14:30

Vrydae, 10:00

Saterdae, 18:00

Sondae, 13:00

Maandae, 08:30