Die Nkalakatha-sanger is vroeër Sondag hospitaal toe geneem, waar hy later beswyk het. Die SABC se Sthembiso Sithole het eerste die harsteer nuus op Twitter bekend gemaak.

Die nuus is later deur verskeie bronne bevestig. Mandoza, gebore as Mduduzi Tshabalala, het sowat 'n week gelede bekend gemaak dokters het 'n breingewas by hom gediagnoseer. Lees ook: Mandoza se vrou maak hart oop oor breinkanker-diagnose In 'n verklaring wat sy familie in daardie stadium uitegreik het, het die sanger bevestig die breingewas was kwaadaardig en het intussen tot breinkanker oorgegaan.

'n Woordvoerder van Mandoza se bestuursmaatskappy, Eaton Inc, het aan Huisgenoot bevestig dat die ster gesterf het. Hulle het voorts aangedui dat hulle nie in hierdie stadium enige verdere kommentaar sal lewer nie.