Dié spesiale oomblik was ses jaar sedert Joel Jackson in 2009 verlam is toe sy motor teen ’n telefoonpaal gebots het.

Die ongeluk het sy ruggraat van sy kop laat loskom en hy is van sy nek af ondertoe verlam.

“Amper ses jaar gelede het my man se familie gehoor ‘sy lewensgehalte sou . . . wees’. Jy kan waarskynlik enige negatiewe woord waaraan jy kan dink in die spasie invul en dit sal by die stemming van daardie dae pas,” het Joel se vrou, Lauren, in ’n blogplasing geskryf.

Ten spyte van die verandering in Joel se lewensgehalte het die twee in 2012 begin uitgaan. ’n Jaar later is hulle getroud.

“Sodra jy kan loop, wil ek hê jy moet met my dans,” het Lauren gesê.

Ses jaar later het hulle tydens een van Joel se fisioterapiesessies eindelik vir die eerste keer met mekaar gedans.

“As ek ’n huiler was, is dit waar ek in trane sou uitbars. Ek was verwonderd. Dit was een van daardie oomblikke wat my asem weggeslaan het,” het Lauren geskryf.

“Wanneer mense sê jy kan nie, is dit omdat hulle nie verstaan God KAN nie! Joel se lewensgehalte is dalk anders as wat hulle vir hulself sou wou hê, maar ek is oortuig daarvan dit is ryker en vreugdevoller as wat hulle hulle sou kon voorstel. Dit is die klein oorwinnings wat vir ons ons reuse treë is. En oor die klein goedjies is ek dankbaar.”

Bronne: metro.co.uk, foxnews.com