Kry al jou eendjies in ‘n ry met hierdie oulike toebroodjie-idee van Checkers. Jou kleuter sal mal wees oor dié prettige ete en jy kan verskillende vulsels gebruik om uit te vind waarvan  hulle die meeste hou.

large_quick_meals_2

Jy benodig:

  • Wit brood
  • Gesnyde kaas
  • Botter
  • Koekversierings (sprinkles)

Maak so:

Maak kaastoebroodjies met die wit brood en kaassnye. Gebruik ‘n eendjie-vormige koekievorm om die eendjies uit te druk. Smeer ‘n dun lagie botter bo-op die broodjie en versier dit met die blou koekversiersel.

Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte en oulike idees.