Toyota voet by stuk hou dat daar niks fout was met die Fortuner waarin Kurt Darren verlede jaar in ’n ernstige ongeluk was nie berig Beeld.

Beeld het vroeër berig dat Darren se regspan kundiges aangestel het om die ongeluk waarin die voorste lugsakke van ’n Toyota Fortuner nie oopgegaan het nie, te ondersoek.

kurttoy

Volgens ’n woordvoerder van Toyota het die voertuig se veiligheidsfunksies, lugsakke ingesluit, korrek funksioneer het.

Die sanger het in die ongeluk, wat in Julie plaasgevind het, ’n skedelbreuk en 11 gebreekte ribbe opgedoen. Hy het ook ’n oogsenuwee beseer.

Marnus Bisschoff, kunstenaarsagent, en sy assistent, Nadia van Rensburg, was saam met Darren in die ongeluk naby Roodeplaatdam by Pretoria.

Bron: Beeld.com Besoek ook: Foto's van Kurt se ongeluk Foto's van Kurt Darren Foto's van Kurt en Dunay se troudag